SKOOLURE:
7:00 – 17:15

ADRES: Munniklaan 21 & 23
Sterpark Polokwane, 0699

Welkom by Osieteddies

Dis ‘n fees om ‘n TEDDIE te wees!

WIE ONS IS

Van die eerste dag af het ons God se seën en Sy genade hier beleef.

Ons het klein begin, maar tans spog ons met sewe vol klasse.  Vir hierdie wonderlike groei in getalle kan ons ook net die Here loof.

Osieteddies is baie bevoorreg om oor onderwyskorps te beskik wat:

    ‘n groot liefde vir elke kleuter het

    ‘n kenner in hul vakgebied is

    werkstrots het en pligsgetrou is

    altyd in die belang van die kleuters optree.

    KREATIEWE DENKE

    Kreatiewe denkie is vir ons baie belangrik, daarom neem die kleuters gereeld deel aan probleemoplossings.

    BEWEGING

    Die dagprogram maak voorsiening dat die kleuters baie geleentheid kry om buite te speel.

    ROLSPEL

    Elke klas is ook toegerus met ‘n fantasie-area waar die kleuters nog lekker kan fantaseer en hulle in rolspel kan uitleef.

    LEER DEUR SPEEL

    Die kleuters leer deur speel.  In elke les word die kleuter se hele lyfie ingespan. Stil-sit word tot die minimum beperk omdat kleuters leer deur hulle sintuie te gebruik.

    WAT ONS BIED

    WEEKLIKSTE DOELGERIGTE AKTIWITEITE

    BAK EN BROU

    Kreatiewe kombinasie van kos, kuns en ambagtelike vaardighede.

    LOFPRYSING

    Ons sing en prys met vreugde die naam van ons Here.

    PLAYBALL

    Groot motoriese ontwikkeling is vir die kleuter van die aller grootste belang.

    KUNS

    Ons skep en speel deur kreatiewe uitdrukking, verbeelding en kleurvolle ontdekking.

    POTTERY

    Klei-speel pret bevorder fynomortiese vaardighede in ‘n vrolike en speelse atmosfeer.

    MUSIEK

    Ritme, melodie en klank bevorder speel-speel groei en self-uitdrukking

    SKRYF IN VIR 2023

    Druk asb die vorm uit, vul in en stuur terug.